Chiquante Etched In Stone - "Zizzo"
Ons het Moo 15 Junie 2012 in ontvangs geneem op Kaapstad lughawe nadat hy met sorg vir ons gevlieg is deur Angelique vanaf Mosselbaai. Baie dankie weereens vir dit. Ons het hom onmiddelik herdoop na Zizzo. Vanaf die eerste oomblik het hy gewys hy het n persoonlikheid van sy eie. Slaap soos n mens met die koppie op n kussing langs mens. Vinnig vinnig het ons agter gekom Zizzo is geen handsak hondjie nie en ons spot dat hy n konstruksiehond is, weens die feit dat hy saam werk toe kom en eeldag op n konstruksie terrain rondloop. Soos sy fotos kan aandui is hy n baie gelukkige brakkie en vat die liefde en aandag wat hy nodig het. Angelique het my weekliks per epos gekontak om te verneem hoe hy aanpas en of hy gesond is. Ons is woonagtig in Namibia en steeds kontak sy ons tot hede vir fotos en staaltjies rondom Zizzo. Wat vir my geweldig beindruk het is die pakket met inligting wat ons saam met Zizzo van haar ontvang het, dit het ons baie gehelp om die indivualiteit van n Chihuahua te verstaan. Enige dag sal ons weer van haar dienste gebruik maak, omdat ek wat bitter ver woonagtig is slegs haar woord van eer gehad het met die koop van Zizzo (egtheid van ras, kleur, ens ens), en nie een oomblik is ons teleurgestel nie Baie dankie vir uitstekende diens Namibiese groete
Marylane Erasmus
Copyright Chiquante Chihuahuas © 2008-2018 | All photographs & Content Property of Chiquante. Please Do Not Copy