Chiquante Liquorice Twist - "Milo"

Van die eerste keer wat ons Chiquante gekontak het, het ons baie goeie diens gekry. Ons kan sien Angelique het 'n groot liefde vir wat sy doen. Sy is nie 'n normale teler waar dit net oor kwantiteit en winste gaan nie, maar vir haar gaan dit oor kwaliteit chihuahuas. Angelique fokus daarop om klein Lang haar Chihuahuas te teel met goeie temperamente- en sy slaag daarin! Ons het ons eerste hondjie, Milo, by Chiquante gekoop en was nog nie een dag spyt nie. Milo is ‘n ongelooflike hondjie. Hy het ‘n uitstekende temperament, lief vir speel en is baie intelligent en gehoorsaam. Hy is gepotty train en verniel glad nie ons meubels nie. Wat opmerkend van Angelique is, is haar belangstelling. As ons vrae het, sal sy altyd help. Sy doen ook gereeld navrae om te hoor hoe dit gaan met Milo.. Ons waardeer dit dat sy kontak hou. Angelique teel haar hondjies in ‘n veilige, skoon, huislike omgewing. Ek kon sien al haar honde is netjies versorg met goeie maniere en temperamente. Ons kan Chiquante vir enige person aanbeveel wat opsoek is na ‘n goeie geteelde langhaar Chihuahua.
Sonja Botha
Copyright Chiquante Chihuahuas © 2008-2018 | All photographs & Content Property of Chiquante. Please Do Not Copy